Oom Vaaljapie Vertel.....Vol 2. Oom Vaaljapie vertel....., #2

Par : Herman Newkirk, H. L. van Niekerk
Offrir maintenant
Ou planifier dans votre panier
Disponible dans votre compte client Decitre ou Furet du Nord dès validation de votre commande. Le format ePub est :
  • Compatible avec une lecture sur My Vivlio (smartphone, tablette, ordinateur)
  • Compatible avec une lecture sur liseuses Vivlio
  • Pour les liseuses autres que Vivlio, vous devez utiliser le logiciel Adobe Digital Edition. Non compatible avec la lecture sur les liseuses Kindle, Remarkable et Sony
Logo Vivlio, qui est-ce ?

Notre partenaire de plateforme de lecture numérique où vous retrouverez l'ensemble de vos ebooks gratuitement

Pour en savoir plus sur nos ebooks, consultez notre aide en ligne ici
C'est si simple ! Lisez votre ebook avec l'app Vivlio sur votre tablette, mobile ou ordinateur :
Google PlayApp Store
  • FormatePub
  • ISBN8233748752
  • EAN9798233748752
  • Date de parution14/01/2026
  • Protection num.pas de protection
  • Infos supplémentairesepub
  • ÉditeurLinda Balsamo

Résumé

Oom Vaaljapie woon (amper se ek boer) op die plaas Veldslag, wat reeds drie geslagte in die familie se besit is. Die plaas het vroeër bekend gestaan as Eersterust - miskien omdat die familie die gewoonte het om eers te rus en later te werk - selfs geslagte later. Gedurende die Anglo-Boere-oorlog het 'n paar baie los skote op Eersterust geval en die plaas is terstond herdoop na Veldslag. Met sy enigste ryding sy Vaaljapie trekker, is die grootste storieverteller van die Bosveld 'n bekende landmerk in die Bosveld en 'n profeet wat nie in sy eie land geëer word nie. 'Ek het op een van my vroeëre jagtogte vir Basie Jacobs op die transportpad aangetref.  Hy het met wilde oë die jongste nuus aan my meegedeel.  'Kameel le Roux is dood! Bedroef namens die weduwee, Lientjie le Roux, die enigste sienlike vrou in daardie deel van die Bosveld en 'n ou kennis van my as Kameel op besigheid uit was, het ek gewik en geweeg om vir haar te gaan troos, maar toe besluit om eers 'n vleisigheidjie vir die lus te skiet.' 'Soos die noodlot dit toe wou hê, hoor ons weer die bosvarke in die tuin grom.  Piet is nie links nie, en storm op hulle af.  Die volgende oomblik hoor jy net sambok fluit en die hale soos skote oor die arme varke klap.  En Piet jaag hulle al grommend soos 'n trop skape by die hek uit.
Maar Piet het hom die volgende oggend baie meer aan die mampoer vergryp toe ons voordag die skade wat die varke aangerig het, voor vroulief wakker word, wou gaan herstel, en toe die spore van 'n enorme trop leeus daar aantref.' "Wat ek van die sterre hou", begin Oom Vaaljapie, "is dat ons wat lief is vir wild, snags ook wild kan sien.  Ons hoef slegs op ons rûe te lê en na die sterre te staar, en dan kan ons al daardie bokke en diere en dinge sien wat die ou Grieke toentertyd daar bo ingejaag het, soos in 'n kamp op 'n plaas.
En daar is so 'n beeldskone, welgeskape meisie wat spesiaal vir die diere water met 'n kruik op haar skouer aandra en dit dan voor hulle voete uitgooi. Daai mooi meisie dra haar rok ook net waaghalsig oor haar een skouer.  Miskien hou sy die jagter daar bo baie besig, ' 'Die prins, Scarlatti meen ek was sy naam, het saans om die kampvuur onder sy dik lae gekleurde mantels en goue knope en fraiings uitgeloer, en dan met groot oë vir ons vertel van Turandot, La Boheme, La Traviata, Aida,  Il Travatore en nog tien ander soortgelyke vreemde Italiaanse roofdiere.' Die vloek va'n 'n Portugese jaggids, Maria - dis mos 'n mansnaam by hulle - skink die eerste aand vir ons Aqua'rdente.  En net toe ek die eerste snuif wil vat, steek hy die goed aan die brand.  Die volgende oomblik sien jy net my snor staan in ligte laaie' ..en baie meer uit die pen van H.
L. van Niekerk