'n Dag Sonder Gister

Par : Frederic Roux
Offrir maintenant
Ou planifier dans votre panier
Disponible dans votre compte client Decitre ou Furet du Nord dès validation de votre commande. Le format ePub est :
  • Compatible avec une lecture sur My Vivlio (smartphone, tablette, ordinateur)
  • Compatible avec une lecture sur liseuses Vivlio
  • Pour les liseuses autres que Vivlio, vous devez utiliser le logiciel Adobe Digital Edition. Non compatible avec la lecture sur les liseuses Kindle, Remarkable et Sony
Logo Vivlio, qui est-ce ?

Notre partenaire de plateforme de lecture numérique où vous retrouverez l'ensemble de vos ebooks gratuitement

Pour en savoir plus sur nos ebooks, consultez notre aide en ligne ici
C'est si simple ! Lisez votre ebook avec l'app Vivlio sur votre tablette, mobile ou ordinateur :
Google PlayApp Store
  • FormatePub
  • ISBN978-0-463-88964-0
  • EAN9780463889640
  • Date de parution28/06/2020
  • Protection num.pas de protection
  • Infos supplémentairesepub
  • ÉditeurBluewater

Résumé

'n Verhaal van liefde, deernis, tragedie, hartseer en diep religieuse oortuigings wat afspeel teen die agtergrond van Bettysbaai met sy asemrowende strand en majestueuse berge en die Skotse Hoogland wat deurdrenk is met religie. Willie Murray is 'n afgetrede predikant, 'n beskeie, nederige man, 'n vierde geslag Afrikaner. Die nag van die koue vuur verander sy lewe volkome ? Fransie sy bedlêende vrou sterf; Wagter sy getroue hond word vermoor; Dorothy, die vrolike vrou van Skotland wat hy op die strand ontmoet het, en wat 'n nuwe belangstelling in sy lewe geblaas het, verdwyn soos die rook van die vuur; en haar 'man' kom om in die vuur.
Haar man nes sy vrou was bedlêend en Willie het hom nooit ontmoet nie. Die polisie vind egter geen teken van 'n Dorothy Sutherland en haar man in die ruïnes van die huis wat afgebrand het nie. Net die lyk van 'n onbekende man. Maar terwyl die polisie die bestaan van Dorothy bevraagteken daag Engelse agente op wat haar en haar man soek. Willie het Dorothy net op die strand ontmoet wanneer hy Wagter vir uitstappies neem en sy het hom bekoor met haar prikkelende stories van die Skotse Hoogland.
Nou is hy alleen, eensaam, en te veel vrae spook by hom. Hy reis na die Skotse Hoogland en in sy soektog na Dorothy ontmoet hy haar identiese tweeling suster Eilidh. Beide is kort en mollig maar Eilidh se taal is deurspek met Gaelies. Eilidh vertel hom hy moet wag vir Dorothy om op te daag en steek hom in die werk in haar pub. Hy geniet dit terdeë, veral om na almal se stories te luister, maar ook die aantreklike weduwee, Lady Flora Gunn, wat openlik aanlê.
Sy geloofsekerheid en leefwyse wankel wanneer hy in die eeu-oue konflik tussen die Skotte en Engelse betrek word; wanneer hy tot sy skok uitvind die twee Engelse agente spioeneer steeds op hom; wanneer hy nie kan onderskei watter suster by hom in die bed klim nie; wanneer 'n misterieuse Druïde met 'n lang herderstaf in sy hand hom konfronteer; en wanneer hy onder die invloed van Alex Ferguson se sienswyses kom.
En terwyl Willie nog altyd tradisievas was, geset in sy Calvinistiese geloof en oortuiging, is plaaslike prediker Alex Ferguson 'n Christen wat nie net glo die wêreld se drie grootste godsdienste, Boeddhisme, Islam en Christendom, het afgewyk van die ware pad nie, maar dat dit belangrik is vir die kerk om te verander, en hy doen iets daaromtrent. Alex is 'n Scoto-Dalriadic afstammeling, die Gaeliese koninkryk wat vanaf die vyfde eeu oor groot dele van Skotland en Ierland regeer het.
Hy vertel Willie van bekende Bybelse figure wat die Britse Eilande v. C. besoek het; van die eerste Christelike kerk wat in die eerste eeu n. C. bogronds gebou was, 'n latwerk kapel in die moerasse van Glastonbury in Wallis; van die Jode wat in die eerste eeu via Egipte gevlug het om hulle in Ierland te vestig; van hulle wat 'n klooster op die Skotse eiland Iona, deel van die Inner Hebrides, gebou en dissipels wat uitgegaan het na die vasteland om die Christen geloof en die warmte en lewenslus van die Keltiese kultuur oor Skotland te versprei; en van die Keltiese Christen Kirk van Skotland wat vir meer as 600 jaar onafhanklik van die Engelse Roomse Kerk was voordat dit deur die seëvierende Engelse oorgeneem en deur die Roomse Kerk onderwerp was.'n Tragedie wat die bestaan van twee susters bevraagteken dwing Willie om terug te keer huis toe.
En as hy weer terug is in Bettiesbaai sal hy steeds dieselfde wees teenoor sy kinders, sy vriende, Prudence sy huishulp, en sy Kerk?Soos vantevore gaan stap hy gereeld op die strand. Hy sien vir Dorothy in die wind, in die branders, en in die mis van die branders, maar sodra die mis wyk verdwyn sy ook. Dan is die joligheid van die springende sandvlooie en swewende seevoëls genoeg om die neerslagtigheid wat in sy hart woed uit te koggel.
Who kenn'd whare lies the Stane, thocht IOch aye, in the Hi'lands o' AlbaWhilk is whare me ain sowl lies too, thocht IOch aye, in the Hi'la...
Evert Tredoux
Frederic Roux
E-book
2,49 €
Escape Dark Web Victims
Frederic Roux
E-book
2,49 €
Die Proefskrif
Frederic Roux
E-book
2,49 €
Rainbow to Valhalla
Rainbow to Valhalla
Frederic Roux
E-book
2,49 €
Eye In The Sky Hijacked
Eye In The Sky Hijacked
Frederic Roux
E-book
2,49 €
Abducted Presidents Wife
Abducted Presidents Wife
Frederic Roux
E-book
2,49 €
A Day Without Yesterday
A Day Without Yesterday
Frederic Roux
E-book
2,49 €
Who Are The Victims
Who Are The Victims
Frederic Roux
E-book
2,49 €
The Cassiopeia Contract
The Cassiopeia Contract
Frederic Roux
E-book
2,49 €
Crossroads of Deceit
Crossroads of Deceit
Frederic Roux
E-book
2,49 €
Quicksand of Despair
Quicksand of Despair
Frederic Roux
E-book
2,49 €
A Darker Shade of White
A Darker Shade of White
Frederic Roux
E-book
2,49 €
Uit Die Stof
Uit Die Stof
Frederic Roux
E-book
2,49 €
The Devil's Spoor
The Devil's Spoor
Frederic Roux
E-book
2,49 €