Die Proefskrif

Par : Frederic Roux
Offrir maintenant
Ou planifier dans votre panier
Disponible dans votre compte client Decitre ou Furet du Nord dès validation de votre commande. Le format ePub est :
  • Compatible avec une lecture sur My Vivlio (smartphone, tablette, ordinateur)
  • Compatible avec une lecture sur liseuses Vivlio
  • Pour les liseuses autres que Vivlio, vous devez utiliser le logiciel Adobe Digital Edition. Non compatible avec la lecture sur les liseuses Kindle, Remarkable et Sony
Logo Vivlio, qui est-ce ?

Notre partenaire de plateforme de lecture numérique où vous retrouverez l'ensemble de vos ebooks gratuitement

Pour en savoir plus sur nos ebooks, consultez notre aide en ligne ici
C'est si simple ! Lisez votre ebook avec l'app Vivlio sur votre tablette, mobile ou ordinateur :
Google PlayApp Store
  • FormatePub
  • ISBN978-0-463-31270-4
  • EAN9780463312704
  • Date de parution26/01/2020
  • Protection num.pas de protection
  • Infos supplémentairesepub
  • ÉditeurBluewater

Résumé

Professor Hendrik Delport is besig met sy doktorale studie na die oorsprong van die antiekte beskawing wat hulle opwagting aan die suidpunt van Afrika gemaak het millenniums voordat die eerste Negroïdes of swart rasse die ewenaar suidwaarts oorgesteek het. Hiermee wil hy bewys dat die Kleurlinge, nasate van die Khoikhoi (nie die San nie), 'n genealogiese verlede het, dat hulle ook 'n volk is wat 'n trotse herkoms het.
Dog hy het letterlik vasgeval in die waaisand van Klein Asië en Noord Afrika, want heilige en onheilige winde het eeue gelede reeds die spore uitgewis. Na die dood van sy vrou het Hendrik sy pos by die universiteit opgeskop, as gevolg van 'regstellende-agteruitgang-aksie' soos hy dit gestel het, sy huis op Stellenbosch verkoop en na Bettiebaai getrek, want, 'met die Internet kan jy vandag enige plek op aarde navorsing doen.' Liesbet Fortuin wat haar lewe lank vir hulle huisgehou het, het saam met hom gekom.
Maar daar is mense in die klein gemeenskap wat nie gelukkig is dat so 'n gesiene man en 'n vrou van kleur saam in een huis woon nie. Die Nasionale Sentrum vir Omgewings-Inligting tesame met die Britse Geologiese Opname-Sentrum doen elke vyf jaar 'n opname van die magnetiese noordpool want dit word gebruik vir die vasstelling van alle globale plekbepaling-stelsels. Op 10 Desember 2019 het die sentrums 'n berig vrygestel dat die magnetiese noordpool die laaste twintig jaar 1, 100 kilometer weg van Kanada en nader aan Siberië beweeg het, en dat dit die nulmeridiaan in September 2019 oorgesteek het.
Terselfdertyd is die magnetiese suidpool nou byna 2, 500 kilometers vanaf die nulmeridiaan suidpool en is lank nie meer op Antarktika nie. Beteken dit dat die aardbol dalk besig is om the kantel? Hoe raak dit Hendrik se navorsing? Ook vir my en jou?Hendrik en sy getroue hond Wessel, vernoem na sy oudste seun wat in Angola gesterf het, gaan stap elke dag op die kilometers-lange Bettiebaaistrand. Op 'n koue en winderige dag loop Hendrik 'n beeldskone jong dame op die strand raak.
Hy noem haar sy porselein-poppie. Sy is sku en dit neem hom 'n paar dae om 'n gesprek met haar aan te knoop. Wat hom egter dronkslaan, sy is die enigste persoon wat hy op die strand teëkom vir wie Wessel nie met 'n nat neus en waaiende stert groet nie. Wat Hendrik verder verstom is dat sy kennis dra van sy navorsing deurdat sy hom kort-kort iets vertel wat hom help met sy studies (o.a. die Keltiese mitologiese land van Lyonesse; ook die antieke bewoners van Antarktika voordat 'n pakys kombers die vyfde grootste kontinent totaal toegetrek het).
Dog elke keer as hy haar 'n vraag vra gee sy vinnig pad. Hy kan ook nie vasstel waar sy bly nie. Een Saterdagaand nooi hy sy porselein-poppie om oor te kom en saam met hom en Liesbet en haar vriend Quinton Lentoor te braai. Maar as daar Maandag 'n foto van haar in die Burger verskyn met 'n berig dat dié student Saterdagnag in Kaapstad vermoor was is hy, Liesbet en Quinton totaal verslae. Was sy porselein-poppie dalk een van 'n identiese tweeling? Hendrik ry Kaap toe en gaan klop aan by die speurder wat die moord ondersoek.
Daar is egter geen suster nie en dié beskuldig hom dat hy probeer om vir sy jongste en vervreemde seun Adri 'n alibi te skep, want sy het blykbaar dié aand saam met Adri na 'n studente-partytjie gegaan.
Evert Tredoux
Frederic Roux
E-book
2,49 €
'n Dag Sonder Gister
Frederic Roux
E-book
2,49 €
Escape Dark Web Victims
Frederic Roux
E-book
2,49 €
Rainbow to Valhalla
Rainbow to Valhalla
Frederic Roux
E-book
2,49 €
Eye In The Sky Hijacked
Eye In The Sky Hijacked
Frederic Roux
E-book
2,49 €
Abducted Presidents Wife
Abducted Presidents Wife
Frederic Roux
E-book
2,49 €
A Day Without Yesterday
A Day Without Yesterday
Frederic Roux
E-book
2,49 €
Who Are The Victims
Who Are The Victims
Frederic Roux
E-book
2,49 €
The Cassiopeia Contract
The Cassiopeia Contract
Frederic Roux
E-book
2,49 €
Crossroads of Deceit
Crossroads of Deceit
Frederic Roux
E-book
2,49 €
Quicksand of Despair
Quicksand of Despair
Frederic Roux
E-book
2,49 €
A Darker Shade of White
A Darker Shade of White
Frederic Roux
E-book
2,49 €
Uit Die Stof
Uit Die Stof
Frederic Roux
E-book
2,49 €
The Devil's Spoor
The Devil's Spoor
Frederic Roux
E-book
2,49 €