Die Tafelberg Moordenaar

Par : Nico Visagie
Offrir maintenant
Ou planifier dans votre panier
Disponible dans votre compte client Decitre ou Furet du Nord dès validation de votre commande. Le format ePub est :
  • Compatible avec une lecture sur My Vivlio (smartphone, tablette, ordinateur)
  • Compatible avec une lecture sur liseuses Vivlio
  • Pour les liseuses autres que Vivlio, vous devez utiliser le logiciel Adobe Digital Edition. Non compatible avec la lecture sur les liseuses Kindle, Remarkable et Sony
Logo Vivlio, qui est-ce ?

Notre partenaire de plateforme de lecture numérique où vous retrouverez l'ensemble de vos ebooks gratuitement

Pour en savoir plus sur nos ebooks, consultez notre aide en ligne ici
C'est si simple ! Lisez votre ebook avec l'app Vivlio sur votre tablette, mobile ou ordinateur :
Google PlayApp Store
  • FormatePub
  • ISBN978-1-64370-691-7
  • EAN9781643706917
  • Date de parution25/06/2018
  • Protection num.pas de protection
  • Infos supplémentairesepub
  • ÉditeurSC DAIKO ROMANCE

Résumé

Die Tafelberg Moordenaar vertel die verhaal van 'n reeksmoordenaar wat hom op straat vroue toespits opereer in die Kaap. Een na die ander meisie word vermoor en die liggaam op Tafelberg gelos vir die polisie om te vind. Ten spyte van die polisie se beste optrede, bly die verdagte elke slag net een stap voor die polisie. Totdat Kaptein Renier Geldenhuis gevra word om die ondersoek oor te vat. As hulp, word Adjudant Isabella Fourie aan hom gegee.
Van die begin af hou Isabella van Renier, want hy is 'n baie aantreklike man en hy behandel haar beter as wat enige iemand anders saam met wie sy al ooit gewerk het. Wat sy nie weet nie is dat hy 'n verlede het wat hom jaag, want Isabella herinner hom aan 'n vroeë liefde wat nie goed geëindig het nie. Gaan hulle dit regkry om hierdie saak op te los en 'n baie glibberige moordenaar aan die pen te laat ry? Gaan hulle mekaar vind en ontdek dat liefde oorwin?
I am an author who stays in Pretoria, South Africa. For my Afrikaans readers:Ek wou my lewe lank al skryf, maar almal het my altyd afgeraai om dit te doen. Daar is mos die algemene gevoel dat skrywers net soos kunstenaars nie geld kan maak nie en hulle is nie te ver verkeerd nie. Dit hang af van jou liefde vir die werk en hoe jy dit benader. Op laerskool skool het ek begin om plakboeke te maak en my eie stories te skryf.
My skoolmaats kon nooit wag dat ek die volgende storie geskryf het en hulle dit kon lees nie. My opstelle was altyd van die bestes in die klas en om daardie rede ook gereeld aan die klas voorgelees. Op hoërskool jet die trant voortgegaan. Ek het aan verskeie opstel kompetisies deelgeneem en was altyd onder die top presteerders. Ek het tot pryse vir skryf by die Eisteddfod gewen. My onderwysers was vas oortuig dat ek 'n skrywer sou word, maar in plaas daarvan het ek by die Polisie aangesluit!Gedurende my tyd in die Polisie het ek groot en deels van my droom vergeet.
Dit was eers nadat ek bedank het, dat ek weer begin droom het van skryf. In 2010 het ek weer begin skryf, meestal godsdiens artikels wat ek op 'n ander webwerf van my (Suider Kruis) publiseer. Met die begin van 2017 het ek begin wonder of ek nie 'n boek moet skryf nie, want as ander mense dit kan doen, waarom dan nie ek ook nie. Ek het reeds etlike jare vooraf met 'n boek begin, maar dit nooit klaargemaak nie.
Mens dink mos altyd dat jou stories nie goed genoeg is nie!My eerste boek was die Blonde Lugwaardin, 'n liefdesverhaal. Ek moet met julle reguit wees: liefdesverhale is nie my ding nie. Ek hou van 'n lekker aksie verhaal met baie spanning. 'n Boek wat jy nie kan neersit voor jy dit nie klaar gelees het nie. Dis wat ek van hou om te doen, maar om mee te begin het ek tog besluit op 'n liefdes verhaal, want vir my is liefdesverhale ongekompliseerde en maklik om te volg.
Dit is hoe ek my eerste boek voorgestel het: 'n lekker lees boek waarmee mens mee kan ontspan en wat jy enige tyd van die dag kan lees. Die Blonde Lugwaardin is so gebore. Ek het die boek in 'n tydperk van ses weke geskrywe. Wat die toekoms gaan inhou gaan ons maar moet sien, maar daar beslis nog boeke volg!
Vlug 527
Nico Visagie
E-book
3,49 €